Search

Wednesday, March 23, 2011

Dankie vir julle E-pos

Liewe Almal
Dankie aan almal wat opvoedkundige eposse aan my gestuur het die afgelope jaar.....
Ek moet die een wat my daai ding oor die rottepoef op die
gom van koeverte in stoorkamers gestuur het, bedank aangesien ek nou 'n
nat lappie gebruik om elke koevert nat te maak.
Ek vryf nou ook die bokant van elke koeldrankblikkie
deeglik blink voor ek dit oopmaak om dieselfde rede.
Ek het nie meer enige spaargeld oor nie want ek het dit vir
'n siek meisie (Pennie Ferreira) gegee; wat nou al vir die 1 345 keer op
sterwe in die hospitaal lê.
Ek het nie meer geld nie, maar dit gaan alles verander as
ek daai R200 000 kry wat Bill Gates/Microsoft my gaan stuur omdat aan
hulle epos veldtog deelgeneem het..... (Dit was mos op die nuus!!!)
of as daardie Nigeriese bankbestuurder wat skatryk geërf
het daai R17 miljoen met my gaan deel sodra hy die geld kan kry om die
fondse vry te stel.
Verder is ek nie meer bekommerd oor my sieleheil nie want
ek het 200 472 engeltjies wat my oppas.
Ek gebruik nie meer kankerwekkende reukweerders nie al ruik
ek soos 'n vlakvark in  'n moddergat op 'n warm dag.
Danksy julle,
Het ek geleer dat my gebede slegs verhoor word as ek 'n
e-pos aan sewe van my vriende stuur en binne vyf minute 'n wens, wens.
As gevolg van julle besorgdheid drink ek nie meer Coca-Cola
nie omdat dit toiletvlekke kan verwyder en ontplof as jy dit met mentos
meng.
Ek gaan ook nie meer vulstasie toe sonder om iemand saam te
neem om seker te maak dat 'n reeksmoordenaar nie agter in my
agtersitplek in kruip terwyl ek nie kyk nie.
Ek gaan ook nie meer winkelsentrums toe nie want ek is bang
iemand bedwelm my met 'n spesiale parfuum en beroof my.
Ek antwoord ook nie meer my telefoon nie want ek is bang
iemand gaan my vra om 'n nommer te bel wat my sal deurskakel na Jamaika,
Uganda, Singapoer of Uzbekistan.
Danksy julle gebruik ek ook niemand se toilet behalwe my
eie nie want daar kan 'n groot uitheemse spinnekop daar skuil wat my
vleis kan laat verrot en my 'n pynlike dood laat sterf as dit my byt.
As julle nie die epos aan ten minste 144 000 mense binne
die volgende 70 minute aanstuur nie, sal 'n groot duif met diarree op
jou kop beland teen 5 uur vanmiddag en die vlooie van 12 brandsiekbrakke
sal jou besmet en veroorsaak dat jy 'n harige boggel op jou rug kry.
Ek weet dit sal gebeur want dit het inderwaarheid met 'n
vriend van my buurman se vorige skoonma se tweede man se niggie se
haarkapper gebeur!
En terloops...'n Suid-Amerikaanse wetenskaplike het tydens
'n uitvoerige studie bevind dat mense met 'n lae IK lees altyd hulle
epos met hulle hande op die muis.
Moenie moeite doen om dit nou af te haal nie, dis te
laat!!!

No comments:

Post a Comment