Search

Wednesday, March 23, 2011

Die Broek

 Een koue wintersoggend is die tante doenig in die tuin, met langbroek
 onder die rok, toe die predikant voor die deur stilhou.

 Sy draf vinnig die huis binne en sê vir die huishulp: "Die maruti
 (predikant) is hier. Sê vir hom ek gaan gou-gou die broek uittrek. Ek kom nou."

 Haar lippe rooi gemaak, hare gekam en langbroek uitgetrek kom sy in die
 sitkamer, maar dominee is nie daar nie.

 Sy vra die huishulp waar hy is, en die sê: "Ek het hom gasê djy gaan jou
 broek uittrek. Hy sê for my hy gaan gou die bybel by die kar bêre!"
 

No comments:

Post a Comment