Verhaal van 'n vrou wat uitgerafel het*
Ek was nou die aand saam met "die meisies" uit nadat ek my man belowe het
dat ek om middernag tuis sal wees.
Maar die ure het vinnig verbygegaan, en die margaritas het net so maklik
afgegaan. Om 'n lang storie kort te maak: Ek is eers skuins voor drie daar
weg.
Toe ek by die voordeur ingaan, het die koekoekklok in die portaal drie keer
gekoekoek en vertel dis drie-uur.
Ek het vinnig gedink, besef my man sal waarskynlik nou wakker wees en ek wil
tog nie nou 'n woordewisseling met hom aanknoop nie.
Ek het vinnig nog 9 koekoeks gemaak, want 9+3 = 12 en 12 is middernag.
Die volgende oggend sĂȘ hy ons sal die koekoekklok moet laat regmaak.
"Hoekom?" vra ek.
"Want laasnag het hy drie keer gekoekoek, en toe se hy 'o donner' en toe
koekoek hy nog vier keer, maak keelskoon, koekoek nog vyf keer, giggel, val
oor die koffietafel en poep kliphard."
No comments:
Post a Comment