Search

Saturday, April 2, 2011

Hasie en die Mampoer

Da' bo innie Bosveld stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe
borrel mampoer af wat innie son gelê het.
Hy vat 'n paar slukke, ma' ie witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas.


Jakkals kom verby, sien vir hasie ennie bottel, dog toe hy sal ook so
sluk vat voor hy vir hasie eet, maar die warm mampoer kap hom ook om.



So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom, hy kon sy geluk nie glo
nie en drink ook an die bottel; selle storie, val net daar neer, uit-gepaas.

Leeu kom toe op die storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en
hiëna's nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy
vat toe ma 'n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer.


Met die begin hasie roer, sit regop met 'n hewige hoofpyn.
Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom.
Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom.
Hy mompel: 'Smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is!'

No comments:

Post a Comment